Site icon Travelstart Blog

Airlink stel die eerste vlug roete tussen Pretoria en Kaapstad bekend

Die Hoofstad en Moederstad is uiteindelik verbind. Airlink stel die eerste vlug roete tussen Pretoria en Kaapstad vanaf 16 Augustus 2015 bekend.

 

SAA en Airlink het n gesamentlike onderneming aangegaan en bied nou geskeduleerde lug dienste aan by die nuut opgegradeerde Wonderboom Lughawe, in Tshwane. Die vlug roete tree vanaf 16 Augustus 2015 in effek.

“Dit is n eerste vir Suid Afrika en ons is opgewonde oor die voordele wat ons kliente uit die nuwe roete sal werf” vertel Airlink CEO, Roger Foster.
Foster verwag dat Tshwane se omliggende besighede, industrieë en gemeenskappe baat sal vind in dié vlugte, veral NGO’s, besighede met takke in Kaapstad en die motorbedryf.

Vlugte sal om 06h45 in die oggend vanaf Wonderboom na Kaapstad vertrek met n tweede oggend vlug om 09h45. Middae vlugte sal om 17h45 vanaf Wonderboom vertrek. Vlugte vanaf Kaapstad na Wonderboom sal om 06h45 vertrek met middae vlugte om 15h00 en 17h30.

Reisigers op die nuwe vlug roete sal in staat wees om “Voyager Frequent Flyer” punte te werf. Airlink besigheids klas kliente kan Europese standaard besigheids klas diens verwag, op die 83 sitplek Acro RJ85 vliegtuig, wat die nuwe roete sal vlieg..

Exit mobile version